
Senuwees is vandag getoets in die Noordvaal-beker finaal wat vanoggend in Carletonville beslis is, maar het Hoërskool Parys se 0.14-span die kampioenkroon gevat.
Ten spyte van Hoërskool Voortrekker se drie in die doodsnikke van die stryd, kon niks Parys stuit in hul segetog. Die wedstryd is met n telling van 8-5 in Parys se guns beslis.
Dit beteken dat Parys se 0.14’s die seisoen kon spog met naas die Noordvaal-beker ook die Valke liga-beker wat hulle vroeër huis toe gebring het.
Die span is afgerig deur Gerrit du Plessis en Wouter Croeser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



