Waardevolle wenke vir motoriste tydens veldbrande
Slaan ag op kommunikasie van brandverenigings in jou omgewing, veral nou gedurende Augustus wanneer daar weens winderige toestande 'n hoë brandgevaar kan wees.
Daar was vanoggend ‘n veldbrand oorkant Umfula langs die Parys/Fochville-pad, en agter die waterwerke langs die R59.

Hou in gedagte dat brandgevaar veral gedurende Augustus hoog is en dat ‘n algehele brandverbod steeds geld tot einde Oktober wanneer die eerste reën val. Hou daarom die daaglikse vuurindeks dop waar waarskuwings vir brandgevaar daagliks gegee word.
Wat beteken die kleurkodes op die daaglikse vuurindeks?
‘n Blou-kode beteken dat die gevaar vir brande gering is. ‘n Groen kode het ‘n lae brandgevaar. ‘n Geel, oranje en rooi indekswaarskuwing dui op ‘n hoë moontlikheid van brandgevaar.

Veldbrande en rook oor die pad.
* Wanneer motoriste digte rook van ‘n veldbrand op die pad teëkom, moet hulle spoed verminder en stadiger ry, asook hulle hoofligte aanskakel om sigbaarheid te verhoog.
* Dit is van kardinale belang om ‘n veilige afstand van ander voertuie te hou en skielike stilhou of baanveranderinge te vermy.
* As jy nie die pad of ander verkeer kan sien, is dit die veiligste om op n veilige afstand aan die kant van die pad stil te hou voordat jy in die rook inry, dit moet jou ook toelaat om, om te draai en n alternatiewe roete te volg.
* Laat die enjin luier terwyl jy wag dat die rook opklaar.
*Gebruik noodligte om ander bestuurders van jou teenwoordigheid te waarsku.
* Bly in die voertuig met die lugversorger op sy hoogste verstelling, sit ook die lugversorging na interne sirkulasie, dit veroorsaak n positiewe druk in die voertuig om rook uit te hou.
* Moenie deur die rook probeer jaag nie. Daar mag dalk mense wees wat besig is om die brand te blus!!
Onthou as jy nie ander voertuie kan sien, kan hulle jou nie sien nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



