Local newsNews
Groot medalje-oes vir Parysenaars na SARMAF-deelname
Parys-studente bring 28 medaljes huis toe.
‘n Totaal van 19 goue medalje, sewe silwermedaljes en twee bronsmedaljes is deur stuente van Parys Martial Arts huis toe gebring na hul deelname aan die Suid-Afrikaanse SARMAF-toernooi in Sasolburg op 26 Julie.
Daar is deelgeneem aan die kata, tradisionele wapen, en gevegskuns divisies.

Gerrit Gouws, Juan-Mari Joubert, Dominic Powell, Anakin Powell en Nathen Swart het na afloop van die toernooi trofees verower vir die punte wat hulle behaal het. Punte word tydens die kompetisie toegeken vir die aantal medljes verwerf in die onderskeie divisies.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



