Local newsNews

Dit moet jy sien: Oom Paul vat die lang pad vir ‘n Kaapse draai

Die standbeeld en voetstuk is meer as 10m hoog en weeg die beeld 1,5 ton. Beslis 'n trek waarvoor jy op die pad moet uitkyk.

Hy lyk op ‘n haar soos die ware Jakob wat in Pretoria oor Kerkplein waak. Maar dié  is nie die ware Jakob nie, maar ‘n presiese replika van die Paul Kruger-standbeeld wat bestem is vir n geskiedkundige trek van die Voortrekkermonument al die pad na Orania. Daar sal die beeld op 10 Oktober amptelik onthul word as deel van die Kruger 200 feesviering.

Op pad na Orania sal by verskeie dorpe aangedoen word, elk met ‘n eie feesprogram voordat die beeld op 2 Oktober in Orania arriveer. Die amptelike onthulling is op Kruger se verjaardag, 10 Oktober.

Inwoners van die dorpe waar die beeld aandoen sal deel kan hê in die feesvieringe, en is daar ook die opvoering van die NP van Wyk Louw-toneelstuk, ”Kruger breek die pad oop” wat jy kan bywoon in die dorpe waar daar gestop word. Die toneelstuk  handel oor die lewe van Kruger en die harde besluite wat hy moes neem om wet en orde in Transvaal te bring.

Parysenaars sal Sondag 28 September en Maandag, 29 September dié groot trek met die bronsbeeld en voetstuk van meer as 10m kan inwag wanneer dit by Udolpho  aandoen. ‘n Luisterryke program as deel van die feesvieringe word vir die aand van 29 September op Udolpho beplan.

So loop die reisprogram:

24 September- Voortrekkermonument Pretoria

12:00 | Toneel – Kruger breek die pad oop

14:00 | Kruger trek na Orania: Boodskap deur Danie Langner

14:30 | Beeld vertrek vanaf die Voortrekkermonument en word daar eers op Kerkplein in Pretoria aangedoen.

25 September – Rustenburg

26 September- Potchefstroom

27 September – Krugersdorp & Heidelberg waarna na Udolpho net buite Parys vertrek word.

28 September – Udolpho

29 September – Vereeniging en terug na Udolpho die middag. 

30 September – Vegkop (Heilbron)

1 Oktober – Bloemfontein & Kimberley

2 Oktober – Orania

Program by Udopho op 29 September

18:00  Opening

18:10  Deo Gloria Koor

18:30  Toespraak: Kruger in konteks

18: 40 Sertifikaatoorhandiging

18:45  Toneel: Kruger breek die pad oop

20:00  Koffie en tee

Die Kruger feesprojek is aangepak deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM), tewyl die Orania Kunsteraad (OKeR) vir die toneelopvoering verantwoordelik is.

Digitale voorstellings van hoe dit sal lyk sodra die beeld sy eindbestemming bereik het en onthul is.

Die FAK het reeds ‘n jaar gelede n digitale skandering van die Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria gemaak, en is die moontlikheid oorweeg om ‘n nuwe afgietsel te maak. Die nuwe Kruger-standbeeld is gemaak deur Jacques Müller en weeg 1,5 ton.

Die replika van die Kruger-beeld wat tans by die Voortrekkermonument is, gereed vir die groot trek na Orania. Foto Verskaf

Indien jy graag meer wil lees oor die Krugerbeeld wat sy tuiste op Orania vind, volg die skakel  Ewebeeld van Krugermonument in Orania – FAK

Jy kan ook vir Cara by 072 439 2593 of cara@kultuurtuiste.org.za kontak vir meer inligting, of  Jan-Danie Malan by Udolpho by 082 965 7002 vir meer inligting oor die Udolpho-program.

Mense kan hul naam verewig op die nuwe plein waar die Kruger-standbeeld ’n tuiste sal kry deur ’n simboliese steen te koop. Gaan na  https://www.orania.co.za/paul-kruger vir meer inligting.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button