Local newsNews

80-Jarige gearresteer ná liggaam op plaas gekry word

Die polisie het na die inhegtenisname van die bejaarde man 'n beroep op mense gedoen om hulle te weerhou van die verspreiding van ongeverifieerde inligting wat die saak kan benadeel.

‘n Bejaarde man van 80 staar klagte van moord en regsverydeling in die gesig nadat hy deur die polisie in hegtenis geneem is in verband met die liggaam van ‘n onbekende jong man op 20 Augustus op ‘n plaas gekry is. Weens die gevorderde toestand van ontbinding van die liggaam, moes DNS-monsters geneem word om die identiteit van die oorledene te bevestig, het brigadier Motantsi Makhele, gesê.

Die  oorskot van die liggaam is gekry nadat die polisie ’n leidraad van die gemeenskap opgevolg het.

Die leidraad het ’n taakspan van Bloemfontein  na die plaas langs die Kroonstad/Welkom-pad gelei, waar die oorskot gevind is.

Daar word beweer dat die oorledene op die plaas begrawe is.

Makhele het gesê die polisie beskou die saak as baie ernstig  en is ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel, en vir die gereg om sy gang te gaan.

Die man sou vanoggend voor die hof verskyn het, en is die moontlikheid van nog arrestasies wat verband hou met die saak nie uitgesluit nie, het die polisie bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button