Local newsNews

Mense daagliks gevang, groot verliese met aanlynslenters en kuberbedrog

Oppas vir iets wat té goed klink om waar te wees

Stapels dossiere by die polisie vertel die verhaal van kuberbedrog en aanlynslenters wat daagliks toeneem. Tog val mense ten spyte van waarskuwings en selfs verbeterde sekuriteitsmaatreëls op sommige aanlynplatforms vir die slenters. Baie is al selfs op hul WhatsApp gekaap vanwaar skurke jou kontakte nader vir geld.

Slim slenters met allerhande leë beloftes van n vinnige geldjie wat gemaak kan word, laat mense steeds hul swaarverdiende spaargeld verloor,  hetsy dit  deur gelukspel, kaartspel of selfs internet bedrog is .

Onthou die volgende wenke

* Moet onder geen omstandighede jou bankbesonderhede of persoonlike inligting vir vreemdelinge gee nie. Laat staan nog geld oorbetaal of enige persoonlike inligting gee as jy nie weet wie die ontvanger is en alle moontlike inligting wat jy het, behoorlik nagegaan het nie.

  • Pasop vir internet koop en verkoop transaksies, veral waar jy vermoed iets nie pluis is nie. Dit kan nie kwaad doen om eers die koper of verkoper se besonderhede deeglik na te gaan nie.
  • As jy nie vir ‘n kompetisie ingeskryf het nie, is die kanse bitter skraal dat jy ‘n kompetisie gewen het.
  • As jy e-posse ontvang waar persoonlike inligting verlang word, skakel eerder die instansie en maak seker dat die e-pos wel uitgestuur is en of jy die inligting elektronies moet verskaf. Selfs banke en die Inkomstediens was al slagoffers van gewetenlose misdadigers wat vals e-posse gebruik om mense se inligting te verkry.
  • Bevestig bankrekeningnommers by die bank self voordat jy oorbetalings maak.
  • Wees versigtig wie jy in jou huis toelaat. As daar opnames gedoen word, dring aan op bewys van identifikasie en amptelike skrywes waarop die motivering vir die opname verduidelik word – veral as jy nie bewus is van enige opnames wat gemaak gaan word en waar jou persoonlike inligting gevra word, of vreemdelinge toegang tot jou huis wil hê nie.. Maak ook seker jou kinders en diegene wat vir jou werk, weet ook om nie mense sommer net in die huis toe te laat, tensy jy duidelike instruksies daarvoor gegee het nie.
  • Nog waardevolle wenke vir aanlynplatforms:
    * Slaan ag op waarskuwingsboodskappe van jou diensverskaffer.
    * Wees bedag op boodskappe van onbekende nommers, en boodskappe wat ooglopend verdag lyk soos die boodskappe op die skermgreep by die berig wat skielik na jou kontakte gestuur sou word.
    * Enige verandering van jou profiel of kontakte wat bygevoeg word sonder jou medewete.
    * As jy skielik uit van jou platforms uitgeteken word.
    * Kyk uit vir ongeleesde boodskappe wat skielik wys dit is gelees, of ‘n rits verifikasie kodes wat jy ontvang.
    * Kyk heel bo regs by die drie kolletjies bo-aan jou WhatsApp kontaklys. Gaan na ‘linked devices’ en kyk of daar toestelle is wat jy nie herken nie wat gekoppel is.
    * As jou WhatsApp deur kuberskurke gekaap is, sal jy waarskynlik moet herregistreer met ‘n pin-kode wat vir jou gestuur sal word sodra jy herregistreer.
    * Maak so gou moontlik kontak met jou diensverskaffer.
    * Moet nooit enige geld oorbetaal wat gevra word op enige aanlyn platforms nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button