Local newsNews

Suid-Afrikaners maak die beursies groot oop vir aanlyn-kopies

Die verslag voorspel dat aanlyn kleinhandel selfs nog meer sal styg teen 2027, en meer as R150-miljard sal oorskry om 12% van die totale kleinhandel te verteenwoordig.

Aanlyn kleinhandel in Suid-Afrika is op pad om vanjaar R130-miljard te oorskry, en verteenwoordig 10% van die land se totale kleinhandelsmark.

Dit is die kernbevinding van ‘n verslag wat deur World Wide Worx in samewerking met Mastercard, Peach Payments en Ask Afrika., saamgestel is.

Die studie toon dat aanlyn kleinhandel in 2024 met 35% gegroei het tot R96-miljard, wat 8% van totale kleinhandelverkope verteenwoordig. Groei het in 2025 teen ’n jaarlikse koers van 38% voortgeduur, ver voor fisiese kleinhandel, wat net 2.5% in 2024 en 1.6% teen middel 2025 gegroei het.

Die transformasie van hierdie mark oor die laaste dekade is buitengewoon, meen Arthur Goldstuck, uitvoerende hoof van World Wide Worx. Dit beteken dat byna een uit elke tien rand wat bestee word,  nou aanlyn gebeur.

Groot kleinhandelaars rapporteer sterk aanlyn-prestasie:

  • Shoprite se Checkers Sixty60 het in die eerste helfte van 2025 met 47% gegroei tot byna R19-miljard in verkope.

  • Pick n Pay se afleweringsdienste het met meer as 60% uitgebrei.

  • Woolworths het ’n 37% styging in aanlyn verkope van mode, skoonheid en huisprodukte aangeteken, terwyl Woolies Dash kosaflewering met byna 50% gegroei het.

  • The Foschini Group het ’n 40% styging op sy Bash-platform gerapporteer, wat nou 12% van groepomset verteenwoordig.

  • Truworths se aanlyn kanaal het tot 6% van sy SA-omset gegroei.

Volgens Gabriel Swanepoel van Mastercard SA, sê veilige betalings lê aan die hart van hierdie groei. Verbruikersvertroue en betroubare betalings dryf die e-handelsektor, sê Swanepoel.

Internasionale toetreders het die momentum versterk:

  • Amazon het in Mei 2024 in Suid-Afrika bekendgestel en in 2025 ’n verkoopsentrum in Kaapstad oopgemaak.

  • Shein en Temu het in 2024 ’n gesamentlike omset van R7.3-miljard behaal, wat 3.6% van die CTFL-mark (klere, tekstiele, skoene en leer) verteenwoordig.

Rahul Jain, uitvoerende hoof van Peach Payments, meen die verslag bevestig dat die mark ’n nuwe vlak van volwassenheid bereik het:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button