Local newsNews

Splinternuwe skuif met mini’s laat kollig val op die waarde van bordspeletjies

Kinders leer baie vaardighede uit bordspeletjies.

Hulle is piepklein maar die versamelkoors vir Checkers se Little Shop mini’s het oor jare nie net kinders nie, maar ook volwassenes laat koop, ruil en onderhandel vir n vale.  En  nou is die gewilde mini-replikas van bekende handelsname terug. Dié  keer met ‘n splinternuwe skuif wat ook drie bordspeletjies insluit wanneer verbruikers die versamelingboks sou koop.

Met die nuutste veldtog wat môre (22 September) begin, en op 9 November eindig, kan 46 splinternuwe mini’s versamel word. Soos met die vorige veldtogte is daar heelwat gunsteling produkte in die reeks, maar dié keer is elke mini ‘n speelstukkie wat op die speletjiesborde gebruik kan word, en sluit die versameling ook  ‘n Checkers Sixty60-motorfietsie in.

Dié splinternuwe skuif met die veldtog plaas opnuut die kollig op die waarde van bordspeletjies.

Dalk onthou jy ook die baie pret en lekker tye uit jou kinderdae, of as gesin wanneer daar saam  bordspeletjies gespeel is?

Die waarde van bordspeletjies as opvoedkundige hulpmiddel word dikwels totaal onderskat, sê Erika van Zyl, ‘n plaaslike arbeidsterapeut. “Daar is soveel vaardighede wat ‘n kind kan aanleer terwyl hul saam met familielede speel.”

Foto ter illustrasie

Om aan te hou konsentreer terwyl dit iemand anders se beurt is, om te tel, en plekkie vir plekkie aan te skuif, om na die reëls te luister, dit te verstaan en dit te volg, om te wag vir jou beurt, om te kyk hoe ander mense wen en verloor hanteer, asook om self te oefen hoe om op te tree as ek nie wen nie, en die emosies wat daarmee saamgaan te voel en te leer beheer.

Om te lag oor “die onregverdigheid” van die slegte kaarte wat jy kry, om te oefen om dit nie persoonlik te vat as iemand dalk onnadekend iets sê oor hoe jy speel, om te leer om probleme op te los en vooruit te dink. Om die positiewe in ‘n slegte saak raak te sien EN om te oefen om nie te kroek nie, al is die ander speler se aandag afgetrek.

Dit is maar net ‘n paar van die lekker lewensvaardighede wat ons kinders kan leer deur te speel, sê Erika.

Dit hang van die spesifieke speletjie af watter vaardighede meer of minder geoefen word, maar die meeste speletjies is die belegging in tyd en geld werd.

‘n Ander interresante feit is dat die brein baie makliker leer as daar positiewe emosies is – die vaardighede wat ons graag wil leer word dus makliker geintegreer as ons saam kan lag, sê Erika.

Met Kersfees wat nader kom, is bordspeletjies dalk ‘n blink plan vir jou kind se kerskous, en ‘n belegging in gesinstyd vir dié Desember-vakansie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button