
Die liggaam van ʼn man is vanmiddag net na14:00 by die hangbrug in Parys uit die Vaalrivier gehaal.
Die man het na bewering gevlug vir sekuriteitsbeamptes en toe sy klere uitgetrek en in die rivier gespring.
Adjudant-offisier Holtzhausen van die K9-eenheid in Sasolburg het die man se liggaam kort nadat hy in die rivier gespring het, in die water gekry.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word en die polisie ondersoek die voorval.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



