Dis die plan met die Lamb Champs lam – jy kan wen!
Al die fondse wat ingesamel word gaan vir Chrissanloo Huis wat op 1 September sy deure in Parys geopen het vir kinders wat weens omstandighede uit hul ouerhuise verwyder moet word.
Die lamkarkas wat in September die rekordboeke by Lamb Champs Parys herskryf het toe dit by die Lamb Champs-veiling vir R30 000 aan Henning Pretorius van Losberg Lodge verkoop is, is geskenk aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Chrissanloo Huis in Parys.
Chrissanloo het op 1 September sy deure oopgemaak as Huis van Veiligheid vir kinders wat weens omstandighede deur maatskaplike werkers uit hul ouerhuise verwyder moet word.
Lootjies vir die Lamb Champs-lam word nou verkoop as fondsinsameling vir Chrissanloo. Mense wat wil inskryf kan inskrywings by die VVA-kantoor kry, of kontak enige van die bestuurslede. Die kontaknommers is Alecia (072 439 3747), Arnold (078 1702385), Frik (083 708 4285), Rikki (082 572 0046), Margory (072 993 2339), of Susan (082 692 0301).



