Local newsNews

Twee kry lewenslange vonnis vyf jaar na boer se wrede moord

Hulle het hul slagoffer met plastiek wat oor sy kop geplaas is, versmoor.

Die twee mans wat in Oktober 2020 ’n boer buite Viljoenskroon vermoor het, is Vrydag in die Kroonstad Streekhof, presies vyf jaar na die wrede moord  elk tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Die beskuldigdes, William Sejane (57), ook bekend as Maidudu, en Lucky Motaung (54), ook bekend as Sebothe, is albei skuldig bevind aan moord en huisroof, en sal hul lewenslange vonnis vir die moord, en sewe jaar gevangenisstraf vir die huisroof gelyklopend uitdien.

Sejane en Motaung het die 66-jarige mnr. Dave Wessels  op 3 Oktober 2020 in sy plaashuis aangeval nadat hulle deur ’n venster toegang tot die huis gekry,  en hom oorweldig het. Hy is gekry met sy hande en voete vasgebind en sy kop in plastiek toegedraai, wat ook sy dood veroorsaak het. Sy wit Toyota-bakkie en verskeie huishoudelike items is tydens die voorval gesteel.

 Sersant Morena Machalotsa van die Provinsiale Eenheid vir Georganiseerde Misdaad was die ondersoekbeampte en is die gesteelde voertuig danksy knap speurwerk by ’n werkswinkel in Orkney opgespoor, terwyl die slagoffer se bankkaart die pollisie gelei het na transaksies wat in Orkney, Klerksdorp en Potchefstroom gedoen is.

Sekuriteitsbeeldmateriaal het Motaung aan die aankope verbind, wat tot sy inhegtenisneming gelei het. Sy medebeskuldigde, Sejane, is daarna ook gearresteer. Daar is vasgestel dat hy slegs sestien maande tevore op parool vrygelaat is nadat hy ’n lewenslange vonnis vir ’n soortgelyke misdaad uitgedien het.

Die Provinsiale Kommissaris van die Vrystaat, luitenant-generaal Baile Motswenyane, het die speurder en alle betrokke rolspelers vir hul toewyding geloof. Sy het beklemtoon dat hierdie vonnisse ’n duidelike boodskap stuur dat dié wat gewelddadige misdade pleeg, die volle mag van die gereg in die gesig sal staar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button