Local newsNews

Duisende se skade as gevolg van misdaad en vandale

Wanneer jy verdagte bewegings by die brug sou sien, rapporteer dit asseblief aan sekuriteitsmaatskappye en die polisie. Parys se hangbrug is nie net 'n deel van die dorp se geskiedenis nie, dit dra by tot toerisme wat die dorp se enigste ekonomiese dryfveer is.

Nagenoeg R5 000 skade is die afgelope weke weer by Parys se geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier deur misdadigers en vandale aangerig. Nie net is die solarligte wat minder as ‘n jaar gelede deur vrywilligers uit eie sak hier opgesit is, gesteel nie, maar kon graffiti vandale ook weer nie hul hande tuishou nie.

Minder as ‘n jaar gelede het solarligte die omgewing van die hangbrug verlig.
Nou is die ligte ook gesteel.

Die graffiti is Maandag toegeverf deur Philiip en Johannes van KellRoy Tuindienste, danksy Stephanie Fourie wat sedert die opknapping van die brug en mooimaak van die omgewing hier steeds omsien na die brug. Die solarligte gaan egter nie vervang word nie.

Die handewerk van graffiti-vandale.

Daar moes Maandag ook weer slotte van die brug verwyder word, ten spyte daarvan dat daar met die herstel van die brug ‘n alternatief met die Mür de Souveniers daargestel is, juis vir mense om daar hul slotte te kon hang wanneeer hulle die brug besoek.

Die graffiti-vandale se handewerk moes die afgelope week toegeverf word.

Die afgelope week moes reggemaak word wat andr hier verniel het. Op die foto is Philiip van Kellroy Tuindienste wat saam met Johannes gehelp het om die graffiti toe te verf. 

In die verlede het die gewig van slotte wat mense aan die brug hang, groot skade aan die draadwerk weerskante van die brug se loopvlak veroorsaak.
Stephanie en ‘n handjievol omgeehande sien om dat die rivieroewer by die hangbrug weekliks skoongemaak, die gras gesny en vullisdromme leeggemaak word, maar week na week moet van gebruikte kondome tot wegneemete houers hier opgetel word. Mense stort selfs hul huishoudelike vullis in die dromme.

Die voortdurende skoonmaak en regmaak kos ‘n aardige bedrag – geld wat ander betaal om die werk van misdadigers en vandale reg te maak.

Wanneer jy verdagte bewegings by die brug sou sien, rapporteer dit asseblief aan sekuriteitsmaatskappye en die polisie. Parys se hangbrug is nie net ‘n deel van die dorp se geskiedenis nie, dit dra by tot toerisme wat die dorp se enigste ekonomiese dryfveer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button