Local newsNews

Groot dankbaarheid vir gemeenskap se omgee ná vrou val by sentrum

Parys is bekend vir sy omgee-gemeenskap wat in tyd van nood nie skroom om te help.

Marianne ( my vrou) en ek wil baie graag vir die gemeenskap van Parys uit ons harte uit dankie sê. Marianne het Saterdag 13 September voor Checkers Rivershed gestruikel en geval – ek was op daardie oomblik nie by haar gewees nie.

Sy het haar linkerelmboog baie sleg gebreek en die pyn was oorweldigend.

Dit het veroorsaak dat sy kort-kort, as gevolg van die erge pyn, haar bewussyn verloor het. Sy het ook ander beserings in haar lyf opgedoen, maar omdat haar elmboogbreuk so krities was, het hierdie pyne eers later name gekry. Sondag 14 September het sy ‘n noodoperasie gehad en na baie trauma is sy terug by die huis – daar wag nou ‘n aantal moeilike weke en maande voor, maar die dankbaarheid teenoor ‘n gemeenskap wat hul eie kalender en dag se beplanning eenkant toe geskuif het om ‘n vreemdeling end-uit by te staan, is absoluut oorweldigend. ‘n CT-skandering het gewys dat daar darem geen harsingskudding of aanverwante skade is nie.

Marianne sê vir my dat dit vir haar so gerusstellend was, elke keer wat sy haar bewussyn vir ‘n paar oomblikke herwin het, om soveel omgee-harte en sagte-hande-liefde om haar te beleef.

Ons was té geskok om name te vra, daarom hierdie skrywe om vir elkeen wat my vrou bygestaan het te bedank met ‘n hart wat nie woorde het nie. Mag die Here elkeen van julle seën uit die skatkamers van Sy oorvloed. Baie, baie dankie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button