Local newsNews

Donker toerisme – reis na die skadu’s van gister

Vir gemeenskappe kan donker toerisme ’n ekonomiese bydrae lewer in die vorm van werkskepping vir toergidse en toerismeondersteuningsdienste, veral binne nismarkte waar kleiner getalle toeriste op soek is na meer persoonlike en betekenisvolle ervarings. Uiteindelik gaan dit minder oor morbiede nuuskierigheid en meer oor die verantwoordelike bewaring van die geskiedenis, sodat toekomstige geslagte kan leer uit die foute van die verlede.

Toerisme word dikwels met ontspanning, kultuur en natuurskoon geassosieer, maar daar bestaan ook ’n vorm wat mense na die donkerder kante van die menslike geskiedenis trek. Donker toerisme behels besoeke aan plekke wat met dood, tragedie of lyding verbind word. Dit sluit in slagvelde, konsentrasiekampe, gedenkplekke, gevangenisse en selfs natuurrampe.

Een so ‘n voorbeeld is die Liebenbergkoppie aan die noordekant van die Vaalrivier, 12.4km buite Parys langs die R500 (Fochville-pad) waar die trekgeselskap van Voortrekkerleier, Barend Liebenbert, die nag van 22 Augusts 1836 op die koppie vermoor is.

“n Gedenkplaat is later hier opgerig ter nagedagtenis aan diegene wat by Liebenbergskopie vermoor is, en die 3 kinders wat deur die Matabeles ontvoer en nooit weer gevind is nie.

Die klip wat deur lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) van Liebenbergskoppie na Kopjeskraal gebring is om diegene wat daar oorlede is, te herdenk. Foto: Verskaf
Pieter Liebenberg,‘n direkte afstammeling van die Barend Liebenberg-trekgeselskap voor die gedenkplaat (links agter) Foto: Christo Meyer.

Nie ver hiervandaan is die terrein by Kopjeskraal waar die Slag van die Vaalrivier plaasgevind het op die dag na die moorde by Liebenberg-koppie. Dit is hier aan die voet van Kopjeskraal waar die vermoorde Liebenbergs begrawe is, en waar die Tswana-krale nog lê.In Afrika kry sogenaamde donker toerism minder aandag ten spyte van ons kontinent se geskiedenis wat gevul is met donker gebeurtenisse. Suid-Afrikaanse voorbeelde sluit ook in die Sharpeville Gedenkplek, die Apartheid Museum, die Laingsburg Vloedmuseum, Robbeneiland en Spioenkop. Hierdie plekke bied besoekers die geleentheid om te leer, te onthou, respek te toon en sin te maak van die verlede.

Kritici sien donker toerisme soms as uitbuiting of selfs onsensitief, maar dit kan ook ’n middel wees tot heling, versoening en leer. Besoeke aan sulke plekke herinner ons aan die waarde van menseregte, die koste van konflik en die broosheid van die lewe. Dit bied ook ’n ruimte vir refleksie en selfondersoek, waar emosie en herinnering hand aan hand loop.


Oor die skrywer:

Professor Dewald Venter is ‘n mede-professor in Toerismebestuur aan die Vaal Universiteit van Tegnologie, voorsitter van die Navorsingstiekkomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe, en ere-raadslid van die SA Pantsermuseum in Bloemfontein.

Professor Dewald Venter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button