Rorisang Roberts (matriek) saam met Carli Erasmus (graad een).
‘n Kosbare uitreik is vanoggend by Hoërskool Parys gesien toe graad een leerders van Primêre skool Parys saam met hul juffrouens en hul skoolhoof, mnr. Jannie Erasmus, oor die pad gestap het na die Hoërskool om vanjaar se matrieks sterkte toe te wens vir die eindeksamen. Daar was ‘n spesiale briefie van die graad 1’s vir elke matriekleerder en boodskappies uit die hart om hul aan te moedig om te vertrou en net hul beste te doen.
Vir vanjaar se matrikulante was dit amptelik die laaste dag wat hulle by die skool was en het elkeen die skoolklok gelui as simboliese gebaar om die einde van hul skoolloopbaan aan te kondig. Dieselfde klok wat elkeen van hulle as graad agt groentjies gelui het.
Rorisang Roberts lui die laaste keer die skoolkllok by Hoërskool Parys. By haar is Carli Erasmus, ‘n graad een leerder van Primêre skool Parys.
In 2036 sal dié graad eens wat vandag opgekyk het na die matrieks om hul sterkte toe te wens, ook die klok lui wanneer hulle in matriek is.
Daar was spesiale briefies van die graad eens vir elke matrikulant
Vir van die graad een juffrouens was vandag se uitreik selfs nog meer kosbaar met van die matrikulante wat twaalf jaar gelede as graad een leerders in hul graad 1-klasse gesit het.
Na die seremonie het die hoërskoolhoof, mnr. Pieter Janse van Rensburg die handjies geskud van die graad eens om dankie te sê vir die mooi gebaar vir die skool se matrikulante.
‘n Spesiale dankie van die skoolhoof van Hoërskool Parys, mnr. Pieter Janse van Rensburg, vir elke graad een leerder.Primêre skool Parys se graad een juffrouens saam met hul skoolhoof, mnr. Jannie Erasmus, is tydens die geleentheid vanoggend bedank ook vir die rol wat hulle in elke leerder se skoolloopobaan speel.Die graad eens op die verhoog om die matrikulante met boodskappies uit die hart sterkte toe te wens vir die matriekeindeksamen. By hulle op die verhoog is die laer- en hoërskoolhoofde, mnre Pieter Janse van Rensburg en Jannie Erasmus.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.