Local newsNews
Plaaslike ruiters presteer
Die twee ruiters het uitsonderlike ruitervernuf tydens hul deelname gewys.
Martie Bezuidenhout en Shannon Farley het aan die E-skou vir Riding Performance Horse SA (RPHSA) ruiters deelgeneem, waar Martie ‘n eerste plek vir Trail vlak 3 Professional behaal, en ‘n eerste plek vir Versatility Ranch vlak 3 Professional.
Shannon het op Brisco in die Versatility Ranch Riding klas vir ruiters op Amateur vlak ‘n vierde plek behaal. Sy behaal ook ‘n derde plek vir Versatility Ranch Trail.

Martie was ook die enigste ruiter wat vanjaar die Vrystaat verteenwoordig het by die Nasionale Kampioenskappe vir Working Equitation. Sy behaal ‘n eerste plek vir vlak 3 Pofessional by dié kampioenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



