Local newsNews
Kampioenkroon in die dubbels vir AJ by Afrika-kampioenskappe
Vir die jongman wag daar nog 'n blink toekoms op die tennisbaan na sy skitter prestasies by die Afrika-kampioenskappe
AJ Pienaar het ‘n skitterende vierde plek in die enkelspel vir spelers 18 jaar en jonger behaal by die Johan Cruyff Junior Afrika rolstoeltenniskampioenskappe wat van 3 tot 8 Oktober in Benoni gehou is.
Daarbenewens spog hy en sy spamaat in die dubbels, met die kampioenkroon in Afrika.

AJ en sy spanmaat, asook ‘n dogterspeler gaan November na Japan vir ‘n drie dae oefenkamp, en twee dag toernooi wat van 12-17 November gehou word.
AJ was 13 toe hy die eerste keer aan ‘n tennisligawedstryd deelgeneem het.
Hy is ‘n leerder van Hoërskool Parys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



