Vyfde slagoffer sterf na gru-botsing op R59
Ons opregte medelye met die families van die oorledenes.
‘n Vyfde persoon is vanoggend oorlede ná ‘n gru-botsing op die R59 vroeër vandeesweek.
Die bosting was by die Vaalpark-afrit op die R59 en is vier mense op die toneel oorlede, terwyl ‘n pasiënt wat van die botsingstoneel Maandagmiddag per helikopter vervoer is, ook vanoggend gesterf het.
Vier van die oorledenes was van dieselfde familie.
Daar was vier voertuie in die botsing betrokke.
Maandagmiddag se ongeluk het gevolg nadat daar verlede Saterdag ook vier mense op die R59 naby die Truck Stop gesterf het in ‘n botsing tussen ‘n motor en twee vragmotors. Die motor is met die impak van die botsing in twee geskeur.
Vyf mense is vanoggend beseer in ‘n botsing op die Weiveld-pad.



