Local newsNews

Ses vermeende kapers met meer as ‘n halfmiljoen se vleis gevang

Die ses sal Maandag in Carletonville voor die hof verskyn.

Ses vermeende kapers wat met ‘n vragmotor met meer as ‘n halfmiljoen rand se vleis op die R557 betrap is, sal Maandag  in die Carletonville-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping en ontvoering.

Kolonel Adéle Myburgh sê die ses tussen die ouderdom van 28 en 48 is Donderdag gearresteer nadat die polisie inligting gekry het oor die moontlike kaping van ‘n vragmotor wat meer as R500 000 se vleis vervoer het.

Myburgh sê die verdagtes is voorgelê op die R557 tussen Carletonville en Randfontein kort nadat die vragmotor die oggend om 07:45 gekaap is.

Lede van die polisie se teenbende eenheid, die Dwelmtaakspan, Taktiese Reaksiespan (Klerksdorp), Johannesburg K99, Carletonville-speurders, Gauteng Wesrand Distrik Landelike Veiligheid en private sekuriteitsmaatskappye was by die multidissiplinêre operasie betrokke.

Die gekaapte vragmotor. Foto: Verskaf

Tydens die arrestasie is beslag gelê op die vragmotor en die vleis, sowel as nog drie voertuie wat tydens die misdaad gebruik is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button