Local newsNews

Hotstix wen Parys se Classic

Die toernooi word tweejaarliks in Parys aangebied wat 'n gewilde ghoflbestemming is, en het die meeste vroue nog vanjaar vir dié toernooi ingeskryf.

‘n Rekordgetal van 124 vroue was verlede week in aksie vir die tweejaarlikse Parys Ladies Classic-gholftoernooi. Die toernooi is vanjaar vir die sewende keer aangebied en sou oor twee dae op beide die Parys Golf & Country Estate, en Vaal de Grace gholfbane gespeel word.

Die tweede dag se spel by Vaal de Grace moes egter weens reën afgestel word.

Vroue van oor die Vrystaat, Noordwes, die Vaaldriehoek, Gauteng, Pretoria, die Oos-Rand en selfs uit die Kaap het ingeskryf. Vanjaar se tema was Colours of Joy, en was dit ‘n kleurvolle gesig om die vroue in hul vrolike spandrag te sien afslaan.

Elke span se naam word gekies om by hul tema te pas. Van die Rainbow Chicks tot die Periwinkle Pixies, die Blue Berris en die Tee Time Birdies was daar.

Parys Ladies Classic gholftoernooi.
Die vroue wat vanjaar aan die toernooi deelgeneem het, maak gereed vir die afslaan op die Parys Golf & Country Estate baan. Foto: Liezl Scheepers.

Wenners

Uitslae is op grond van die eerste dag se spel bepaal met die Hotstix se Marieta Cawood, Esta van Heerden, Zelda Breytenbach en Annamarie Grewar wat die span kompetisie gewen het.

Parys Ladies classic wenners
Die wenners van vanjaar se Parys Ladies Classic gholftoernooi was die Hotstix. Foto: Verskaf

Zelda het ook die individuele kompetisie met ‘n formidabele 41 punte gewen.

IPS-wenner Zelda Breytenbach ontvang haar prys van Annemarie van Baalen. Foto: Verskaf

Carene le Roux van Parys was die gelukkig trekking wenner uit al dié wat voëltjies op die kortgate aangeteken het. Hegte vriendskappe is ook weer met vanjaar se toernooi gesmee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button