Local newsNews

Water: Wees bedag op die gevaar

Selfs by die huis kan water een van die gevaarlikste plekke wees vir jong, avontuurlustige kleuters en jong kinders.

Met die Desember-vakansie om die draai en baie wat beplan om met vakansie te gaan, is dit nou die tyd om weer te besin oor veiligheid in en om die water.

Wees bedag op die volgende

  • Respekteer water en hou die gevare daarvan in gedagte.
  • Let op waarskuwingstekens waar daar water is hetsy by riviere, mere of by swembaddens en gehoorsaam die reëls.
  • Maak seker van weersomstandighede voordat jy gaan swem.
  • Maak seker jy vertel iemand waarheen jy gaan en wanneer jy terugkom as jy gaan swem.
  • Weet waar om hulp te kry indien nodig.
  • Alkohol en waterveiligheid gaan beslis nie saam nie. Alkoholgebruik tas jou vermoë aan om te kan oordeel, jou krag sowel as jou stamina. Dit is onverantwoordelik om ander se lewens in gevaar te stel.
  • Moenie op die rand van ‘n rivier of dam loop nie.
  • As jy nie opgelei is in lewensredding of reddingstegnieke nie, gebruik ‘n stomp of boomtak om iemand wat in die water in gevaar verkeer, te help en ontbied dadelik hulp, eerder as wat jy self probeer om die persoon te red.
  • Buitebande en opblaasmatrasse is baie gevaarlik in die water omdat dit ‘n vals sin van sekuriteit en veiligheid skep veral as jy nie vergesel is van ‘n opgeleide gids nie.
  • Die gevaarlikste tyd by ‘n piekniek is die tyd wat jy daar aankom, wanneer ouers besig is om uit te pak en kinders kan afdwaal om die omgewing te gaan verken. Water se aantrekkingskrag is meestal onweerstaanbaar vir kinders.
  • Selfs by die huis kan dit die gevaarlikste plek wees vir jong, avontuurlustige kinders wat geen of min vrees het vir water.
  • Jong kinders moet liefs altyd onder toesig wees wanneer hulle naby water is, selfs met badtyd.
  • Daar moet ‘n veligheidsheining om jou swembad by jou huis, en ander potensieel gevaarlike plekke wees.
  • Maak baddens, wasbakke en ander houers met water dadelik leeg ná gebruik.
  • Maak emmers met vloeistof baie dig toe en hou buite bereik van kinders.
  • Kinderswembaddens wat nie gebruik word nie, moet leeg getap word.
  • Maak wasmasjiene toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button