Local newsNews

Gewapende roof: Polisie trek 3 vas

Die verdagtes sal binnekort voor die landdroshof in Parys verskyn.

Drie vermeende gewapende rowers het hul vasgeloop in die lang arm van die gereg ná ‘n hoëspoed jaagtog gister op die R59.

Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê  ‘n gesamentlike operasie is uitgevoer deur lede van die Sasolburg hoofwegpatrollie, die Trio Taakspan, Sasolburg Openbare Orde Polisiëring (POP), speurders van Sasolburg en ander betrokkenes wat gelei het tot die arrestasie van die drie verdagtes. Daar is ook beslag gelê op ‘n gesteelde Nissan Micra voertuig, gesteelde goedere en ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Die verdagtes is tussen  34 en 52 jaar oud.

Rani sê die arrestasie het gevolg nadat die polisie inligting opgevolg het oor ’n gewapende roof in Koppies, waartydensdie die wit Nissan Micra en ander items  met ’n waarde van ongeveer R145 000, gesteel is.

Die gesteelde voertuig is later op die R59 in die rigting van Sasolburg opgemerk, wat tot ’n hoëspoed-agtervolging gelei het. Rani sê verder die verdagtes het op ‘n grondpad afgedraai om die polisie te probeer ontvlug, en het toe die voertuig verlaat en in nabygeleë bosse ingevlug.

Met die hulp van ‘n hommeltuig is een verdagte naby die gesteelde voertuig aangekeer, terwyl die ander twee kort daarna in hegtenis geneem is. Die polisie het beslag gelê op die gesteelde Nissan Micra, gesteelde eiendom en ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Die verdagtes sal binnekort in die Parys-landdroshof verskyn op klagte van gewapende roof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, het Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button