Local newsNews

NWU koor vier 70 jaar met luisterryke konsert

Die NWU Koor is in 1955 begin en vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.

Na ’n volle 70-jaar se bestaan van die NWU universiteitskoor is dit tyd om fees te vier! Die koor hou reünie en ‘n spesiale reüniekonsert vind plaas op die Potchefstroomkampus. Kom luister saam na geliefde koormusiek gesing deur die kooralumni in die ouditorium onder leiding van Awie van Wyk en Kobus Venter!

Die 70-jaar reünie word gevier van 20 tot 23 November. Daar is reeds oor die 200 deelnemers wat van reg oor die wêreld kom om saam te sing, en die opgewondenheid loop hoog.

’n Hoogtepunt van die vieringe is die groot openbare optrede op Saterdag, 22 November om 18:30.  Kaartjies is reeds beskikbaar by Tixsa by https://tickets.tixsa.co.za/event/nwu-koor-1955-2025-reuniekonsert-reunion-concert

Die uitvoering beloof om ’n eens-in-’n-leeftyd-ervaring te wees, waar oud-vriende en koorlegende Awie van Wyk en Kobus Venter saam die verhoog betree. Ou bekende, nuwe werke en liedere wat al vir 70 jaar in die koor gesing is, sal gehoor word, en beloof die konsertprogram iets vir almal in die koor sowel as die gehoor.

Kom vier die besondere 70ste bestaansjaar mylpaal saam met die NWU koor.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button