Local newsNews

Net-net kop bo water

Tien sluishekke is tans oop by Vaaldam

Met tien sluishekke oop by Vaaldam en die Vaalrivier se watervlak wat aansienlik die afgelope twee dae gestyg het, hou dié bekende klipkunswerk onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge in Parys, nog net-net kop bo water.

Die klipkunswerk onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni.
Die klipkunswerk onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni hou net-net kop bo water met die Vaalrivier se watervlak wat sedert gister weer drasties gestyg het. Foto: Liezl Scheepers

Die kunswerk is deur Deon TerBlanche  in Oktober 2018 gemaak om bewusmaking van die bewaring van ons land se waterbronne en visspesies te skep, nadat rioolbesoedeling van die Vaalrivier tot groot getalle visvrektes gelei het.

Die kunswerk is 7m x 1,5m en weeg meer as 350kg. Dit is gemaak van Parys-graniet, eie aan die omgewing en draad, en het Deon die enorme taak aangepak om die kunswerk met sy sowat 90 granietklippe onder die brug te hang. Toe dit destyds gehang is, was dit nagenoeg 2-2,2m bo die watervlak, het Deon destyds aan Gazette gesê.

Die foto van die Vaal se geelvis klipkunswerk is geneem toe die Vaalrivier nie in vloed was nie. 

Sedertdien is daar telkens asem opgehou as die Vaal se water begin bokspring het, maar het Parys se besondere geelvis klipkunswerk, nog elke keer kop bo water gehou en droog daarvan afgekom behalwe in Februarie 2023 toe sy onderste vin wel die water geraak het soos op die foto hieronder gesien kan word.

En nou stoei hy weer om bo die water te bly.

Die klipkunswerk onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni, Parys.
Die klipkunswerk onder die brug oor die Vaalrivier by Egweni River Lodge in Parys, hou net-net nog kop bo water. Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button