Local newsNews

Feesmisdaad in die visier: Vrystaat-polisie verskerp operasies

Wees waaksaam veral oor die Feestyd wanneer misdaad tradisioneel toeneem.

Hierdie tyd word ’n styging in kriminele aktiwiteite dikwels gesien wanneer huise leeg staan, inkopiesentrums voller is, en mense meer kontant of nuwe waardevolle items by hulle het.

Die polisie in die Vrystaat fokus met Operasie Shanela en Feesseisoen-Operasies op hoë sigbaarheidspatrollies, geïntegreerde padblokkades en stewige wetstoepassingsaksies. Dit sluit die opsporing van gesoekte verdagtes in, asook die aanspreek van ernstige en gewelddadige misdade (insluitend moord, verkragting, motorkapings en rooftogte), die afdwing van die Drankwet en die hantering van onwettige vuurwapens en dwelmbesit. Operasie Basadi-inisiatiewe gaan ook voort met die fokus op vroueveiligheid, gemeenskapsbetrokkenheid en bewustheidsveldtogte oor geslagsgebaseerde geweld (GBV) en middelmisbruik.

Die polisie het die volgende veiligheidswenke gegee met die oog op die Feesseisoen:

Huisveiligheid

Maak seker alle deure en vensters is behoorlik gesluit en toe voordat jy vertrek. Moenie jou reisplanne op sosiale media plaas of ’n stemboodskap laat wat aandui dat jy weg is nie. Vra ’n betroubare buurman of buurtwaglid om na jou eiendom om te sien en soms gordyne oop of toe te maak.

Snoei bome en struike wat skuiling vir misdadigers kan bied. Gooi bokse van duur geskenke (soos TV’s of elektronika) versigtig en diskreet weg sodat dit nie nuwe waardevolle items in jou huis adverteer nie.

Inkopies 

  • Moenie groot bedrae kontant saam met jou dra nie; gebruik alternatiewe bankmetodes. Hou jou kaart gereed, skerm die sleutelbord af wanneer jy jou PIN intik, en moenie hulp van vreemdelinge aanvaar nie. As jy verdagte persone opmerk, moenie met die transaksie voortgaan nie.
  • By winkelsentrums –  hou jou handsak naby jou lyf of jou beursie in ’n voorste sak. Parkeer in goed verligte areas en sluit inkopiesakke onmiddellik in die kattebak toe.
  • Om aanlyn-bedrog te voorkom, gebruik betroubare webwerwe en wees versigtig vir aanbiedings wat “te goed is om waar te wees”. Moet nooit jou bankbesonderhede deel nie.
  • Lede van stokvels word aangeraai om elektroniese oorplasings te gebruik om geld te verdeel, en om twee of meer tekenbevoegdhede vir onttrekkings te hê.

Voertuig- en padveiligheid

  • Maak seker dat jou voertuig padwaardig is, met spesiale aandag aan bande, remme, ligte en stuurmeganismes. Hou ’n noodhulpkissie en ’n spaarwiel byderhand.
    Daar is nul toleransie vir drink-en-bestuur.
  • Sluit jou deure en hou vensters toe, veral by verkeersligte.
  • Hou waardevolle items uit sig (verkieslik in die kattebak).
  • Voetgangers word aangeraai om nie op snelweë of besige paaie te loop of die pad roekeloos oor te steek nie. Gebruik voetgangerbrûe waar moontlik om veilige kruising te verseker.

Veiligheid by drinkplekke

  • Moet nooit jou drankie of kos onbewaak laat staan nie.
  • Gebruik altyd ’n aangewese bestuurder of ’n betroubare vervoerdienstoep.

Kinderveiligheid en verdrinking

  • ’n Kind kan binne slegs 30 sekondes verdrink, en dikwels in net ’n paar sentimeter water (4 cm). Verdrinking gebeur vinnig en stil. Ouers moet altyd toesig hou oor kinders en hulle nooit naby stilstaande water (dammetjies, emmers of enige waterbron) laat speel nie — ongelukke kan vinnig gebeur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button