Local newsNews

Drie sterf, talle beseer in busongeluk in die Vrystaat

Padongelukke in die Vyrstaat het reeds verskeie lewens oor die Feesseisoen ge-eis.

‘n Man en twee vroue het vanoggend gesterf, en talle is beseer in ‘n busongeluk op die N1-hoofweg sowat 20km buite Edenburg.

Volgens Sipho Towa, voorsitter van Road Incident Management Systems (RIMS), het die ongeluk net voor 02:00 vanoggend gebeur toe die bus en sleepwa wat in die rigting van Bloemfontein onderweg was, omgeslaan het.

Hoewel die bus net 70 passasiers kon vervoer, was daar meer as 70 insittendes in die bus, het Towa gesê.

Altesaam 71 pasiënte is van die botsingstoneel na die Nasionale Distrik-hospitaal, die Albert Nzulu Distrik-hospitaal, Pelonomi-hospitaal en die  Botshabelo Distrik-hospitaal onderskeidelik vervoer.

Mense is weer gewaarsku om uiters versigtig te bestuur wanneer jy op die pad sou gaan, te hou by spoedgrense en volgafstande, en jou voertuig en bande behoorlik na te gaan voordat jy reis.

Die ongeluk volg nadat ses mense ook gister in ‘n noodlottige kop-aan-kop botsing in die Vrystaat tussen Petrus Steyn en Heilbron gesterf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button