NewsNews

Brand in industriële gebied: Vermy die area

Die verwoestende brand het gistermiddag in 'n gebou op die Anatomic-perseel uitgebreek.

Dit het vanoggend vroeg steeds gebrand by ‘n gebou aan die agterkant van die Anatomic perseel in Parys se nywerheidsgebied waar ‘n verwoestende brand gistermiddag uitgebreek het.

Die foto's is vanoggend op die Anatomic-perseel in Parys se nywerheidsgebied geneem waar dit steeds gebrand het.
Die foto’s is vanoggend op die Anatomic-perseel in Parys se nywerheidsgebied geneem waar dit steeds gebrand het.

Mense is weer gevra om die area te vermy weens die brandgevaar en rook wat deur  brandbare materiaal vrygestel word.

Dit was gistermiddag onseker wat die oorsaak van die brand was.

   

In ‘n gedeelte van die gebou  wat gebrand het was onder meer verskeie motors gestoor, terwyl navorsing en ontwikkeling vir produkvervaardiging uit die herwinning van bande in ‘n ander gedeelte van die gebou gedoen is as een van One Small Town (OST) se hoeksteenprojekte.

Die brand het weer gewys op ernstige kommer wat al vir jare bestaan oor die tekort aan ‘n volwaardige brandweerwa en toerusting om veral strukturele brande in die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit te kan bestry.

Minder as ‘n jaar gelede is van die pakhuise by die Emfuleni Business Park in Parys se nywerheidsgebied ook in ‘n verwoestende brand in puin gelê.

Die brand by die pakhuise was in Oktober 2024 en het mense  verslae die omvang van die verwoesting aanskou terwyl werkers en vrywilligers uit die gemeenskap saam met Thinus Jacobs wat met sy private brandweervoertuig hulp verleen het, gehelp om te verhoed dat die brand na die aangrensende perseel sou versprei met kantore en ‘n stoor waar landbou chemikalieë geberg word.

Met gister se brand was twee voertuie van die Ngwathe Brandweer- en Nooddiens wel op die toneel om hulp te verleen en het die personeel wat op die toneel was hul uiterste bes gedoen met die beperkte toerusting wat beskikbaar was, maar beskik die brandweerdiens tans net oor vuurvegters wat hoewel doeltreffend vir die bestryding van grasbrande, nie voldoende is in die geval van strukturele brande nie.

Die korrekte nommers om te skakel vir die Ngwathe Brandweer- en Nooddiensnommers is:

067 424 2372
082 909 3464

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button