Local newsNews

Waarskuwing: Ernstige botsing op N1 – verwag vertragings

Verminder spoed en wees uiters versigtig as jy die botsingstoneel nader.

Motoriste op die N1-hoofweg is gewaarsku om vertraging in die vloei van verkeer te verwag 20km noord van Kroonstad in die rigting van Heuningspruit na ‘n ernstige botsing tussen ‘n swaar voertuig en ‘n motor vanoggend net na 08:00
Die N1 noord het tans een baan oop vir verkeer, terwyl die pad gesluit is op die ander bane. Nooddienste en wetstoepassers is op die toneel.

Sipho Towa, RIMS (Road Incident Management System) voorsitter het motoriste gevra om

* uiters versigtig hier te bestuur
* ag te slaan op die instruksies van nooddienspersoneel op die toneel.
* alternatiewe roetes te volg waar moontlik
* waaksaam te wees
* spoed te verminder.
* vertraging in verkeersvloei te wagte te wees, en geduldig te wees.
* hou toeganklikheid van roetes dop voordat jy op die pad gaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button