Local newsNews

Minimum loon vir die eerste keer bo R30 per uur

Die verhoogde nasionale minimum loon tree op 1 Maart in werking.

Die nasionale minimumloon word van 1 Maart tot R30,23 per uur verhoog. Die nuwe tarief is op 3 Februarie deur Nomakhosazana Meth, minister van werkskepping en arbeid, in die staatskoerant gepubliseer.

Dit sal die eerste keer wees dat die minimumloon per uur nou bo R30 sal wees.

Na raming is daar 5,5 miljoen werkers in Suid-Afrika wat die nasionale minimumloon verdien.
Dit sluit onder meer huiswerkers en plaaswerkers in.

Die Transvaalse Landbou Unie (TLU SA) het in reaksie op die aankondiging gesĂȘ die loonverhoging kom in ‘n tyd wat die landboubedryf reeds onder geweldige druk is onder meer weens droogte en die Bek-en-klouseerkrisis wat lei tot spanning op produsente en produksieverliese.

Dit alleen dra reeds by tot werksverliese in landelike gemeenskappe, het die organisasie gesĂȘ.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button