Local newsNews

Vier sterf toe bakkie boom tref

Ernstige kommer oor slaggate, straatligte.

Inwoners van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is Woensdagaand weer in rou gedompel toe vier jongmense tragies gesterf het in ‘n motorongeluk in Frikkie Meyer-boulevard, Vanderbijlpark. Daar word vermoed dat die bestuurder van ’n bakkie moontlik vir ’n groot slaggat kon uitgeswaai en toe teen ’n boom gebots het. Die ongeluk het omstreeks 20:30 plaasgevind.

Volgens Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, was die slaggat met rioolwater gevul en feitlik onsigbaar in die donker.

Gerda Senekal by die slaggat in Frikkie Meyer Boulevard, Vanderbijlpark.
Gerda Senekal by die slaggat in Frikkie Meyer Boulevard, Vanderbijlpark.

Die slagoffers, tussen 20 en 22 jaar oud, het vroeër die aand by die bestuurder se huis gekuier. Hy het aangebied om sy vriende huis toe te neem, maar almal is tragies op die toneel oorlede, het Senekal gesê.

Die tragedie volg net ’n maand ná die ongeluk op die R553 naby Vanderbijlpark waarin 14 skoolleerders omgekom het toe ’n minibus-taxi teen ’n vragmotor gebots het.

Senekal sê verder die VF Plus het die gevaarlike slaggat in Frikkie Meyer-boulevard herhaaldelik onder die aandag van die departement van paaie en vervoer gebring, maar sonder sukses.

Volgens Senekal het die Emfuleni munisipaliteit onlangs ’n salarisverhoging van R40 000 per maand, terugwerkend tot Julie 2025, aan tien senior bestuurders toegestaan. Die VF Plus het dié besluit nie gesteun nie en het sê fondse kan eerder aangewend word om slaggate en paaie te herstel.

Die VF Plus het vanoggend gesprek gevoer met burgemeester, Sipo Radebe, en stadsbestuurder, April Ntuli, en geëis dat die slaggat en straatligte in Frikkie Meyer-boulevard onmiddellik herstel word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button