Gerespekteerde sakeman van Parys verloor dapper stryd teen kanker

Ons innige medelye aan die Smith-familie.

Met diepe hartseer is daar afskeid geneem van Willem Smith van Stone Craft Granite. ’n Gerespekteerde besigheidseienaar van Parys, wat sy dapper stryd teen kanker verloor het. Willem was 53 jaar oud.

Ten spyte daarvan dat hy ’n siek man was, het Willem met moed en waardigheid volhard tot die einde.

Hy sal onthou word as ’n sagte, goedhartige man wat altyd bereid was om enigiets vir sy medemens te doen. Sy vriendelikheid, omgee en diensbaarheid het ’n indruk gemaak op almal wat hom geken het.

Willem Smith.
Willem Smith

Willem was die afgelope 13 jaar in Parys gevestig, en is in Vanderbijlpark gebore.

Hy laat sy vrou, Drinie, en vier kinders agter.

Die spoor wat Willem agtergelaat het, sal altyd onthou word en sy liefde, integriteit en medemenslikheid sal voortleef in die harte van sy familie, vriende en gemeenskap.

Die gedenkdiens is 25 Februarie om 11:00 vanuit die Baptiste Kerk in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button