Local newsNews

Die einde van ‘n era vir DBV se Charity Shop

Die winkel was vir meer as 'n dekade 'n deel van die Parys gemeenskap.

Vandeesweek is die laaste keer dat jy nog ‘n draai by die Parys SPCA Charity Shop kan maak.

In uitdagende ekonomiese tye, het dit finansieël onmoontlik geword om die winkel se deure langer oop te hou, en is die moeilike besluit geneem om die winkel in Philipstraat einde Februarie te sluit.

Dié winkel was die afgelope meer as ‘n dekade ‘n deel van Parys en het mense oor die jare hier van ‘n boek tot ‘n paar skoene, of iets vir die huis en kombuis spotgoedkoop raakgeloop. Van ‘n aanvanklike klein en nederige begin, gebore in die harte van mense wat ‘n verskil vir die plaaslike DBV wou maak, kon daar in Mei 2023 geskuif word na die ou Byenes-perseel in Philipstraat vir ‘n selfs beter inkopie-ervaring danksy meer spasie.

Baie moeite is oor afgelope jare gedoen om items te sorteer en die winkel te bemark, en het die wins wat met die verkope by die Charity Shop gemaak is, die plaaslike DBV se inkomste aangevul.

Baie het gereeld hier by die winkel kom inloer, en wat in die huis of motorhuis rondgestaan het kom aflaai as ‘n skenking, of kom snuffel vir ‘n bargain.

Foto's wat destyds in die Parys SPCA Charity Shop geneem is wat 'n verskeidenheid van tweedehandse items te koop aangebied het.
Foto’s wat destyds in die Parys SPCA Charity Shop geneem is wat ‘n verskeidenheid van tweedehandse items te koop aangebied het. 

Gewillige hande het die afgelope paar dae kom help op pak, en kon van die voorraad aan onder meer skole in die dorp geskenk word wat met groot dankbaarheid die skryfbehoeftes en kunsmateriaal ontvang het. ‘n Manier waarop weer teruggee is aan ‘n gemeenskap wat oor jare die SPCA Charity Shop ondersteun het.

Van die items wat nou aan skole in die dorp geskenk kon word om weer terug te gee aan die gemeenskap uit dankbaarheid vir jare se ondersteuning.

Ander items kon verkoop word, en kan jy gerus nog van die laaste geleentheid gebruik maak om by die winkel ‘n draai te maak vir wat nog oor is en teen afslag verkoop word.

Die afgelope paar dae het gewillige hande help op pak aan die voorraad van die SPCA Charity winkel wat vir meer as 'n dekade 'n deel van Parys was.
In uitdagende ekonomiese tye, het dit  finansieël onmoontlik geword om die winkel se deure langer oop te hou, en is die moeilike besluit geneem om die winkel in Philipstraat einde Februarie te sluit.

Die DBV het jou nodig

Die plaaslike DBV is uitsluitlik van die finansiële steun van die gemeenskap wat hy bedien afhanklik en het hierdie winkel ‘n waardevolle bydrae hiertoe gelewer.

So kan jy steeds help

Daarom kan mense steeds netjiese, bruikbare items wat verkoop kan word aan die Parys DBV skenk wat ten bate van die organisasie op aanlyn gemeenskapsplatforms, via sosiale media of met ander fondsinsamelingsgeleenthede verkoop kan word om die plaaslike DBV se inkomste aan te vul.

Omdat die DBV nie stoorplek het, word ‘n beroep gedoen op mense om slegs bruikbare items wat in so ‘n toestand is dat dit verkoop kan word, te skenk. Mense wat skenkings het is welkom om 072 894 4061 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button