Uit die wegspringblokke vir Noord-Vrystaat kampioenskap
Baie sterkte aan hierdie atlete. Parys hou duim vas vir julle!
Primêre Skool Parys spog met 25 van die skool se atlete wat aan die Noord-Vrystaat atletiekkampioenskap sal deelneem. Die kampioenskap word môre, Saterdag 28 Februarie, by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg gehou.
Die atlete wat gaan deelneem is Anlé Beukes, Lara Cilliers, Clarabell Cloete, Bophelo Matiase, Bella May Els, Kylie Rootman, Amore Pretorius, Dominic Powell, Janko DeAlebout, JW Fourie, Bernard Theunissen, Niklaas Theunissen, Duard Bronkhorst, Abigail Pereire, Chane Dannhauser, Annabelle v Wyk, Isabella vd Westhuizen, Victor vd Schyff, Janike vd Westhuizen, Leandri Connaway, Jaco v Wyk, Katelyn Jones, Olivia McIntyre, Karlien Joubert en Karliese Scheepers.




