Local newsNews

Emfuleni se munisipale bestuurder in hof oor besoedeling

Die saak sal weer op 4 Mei in die hof gehoor word.

Die munisipale bestuurder van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, mnr. April Ntuli, het Dinsdag namens die munisipaliteit in die Vereeniging-landdroshof verskyn op vyf aanklagte wat verband hou met oortredings van die Nasionale Omgewingsbestuurswet, die Waterwet en ernstige besoedeling van die omgewing.

Volgens VF Plus raadslid, Gerda Senekal, is daar reeds in 2018 ondersoek ingestel toe die rioolstelsel weens swak instandhouding in duie gestort het. Senekal sê onverwerkte riool het in strate, deur huise en ’n begraafplaas tot in die Vaalrivier gevloei.

Die raad is toe gewaarsku dat dit ’n ernstige gesondheidsrisiko inhou, maar sê Senekal dat die waarskuwing geïgnoreer  is.

In Mei 2020 het die VF Plus ’n klag by die Groen Skerpioene ingedien, asook strafregtelike klagte teen die destydse administrateur en Ntuli, wat hom opgevolg het.

Die saak is ook aan die menseregtekommissie (MRK) voorgelê, waarna die MRK die besoedeling van die Vaalrivier as ’n menseregteskending verklaar het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ’n klagstaat opgestel wat die volgende insluit:

  1. Oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet: tussen April 2018 en April 2024 het verskeie pompstasies (16, 10, 8, 6, 5 en 38) onwettig riool in die Vaalrivier gestort.
  2. Oortreding van die Waterwet: die Rietvlei-watersuiweringsaanleg het tussen September 2018 en Augustus 2019 meer as die toegelate afvalwater vrygelaat.
  3. Die Sebokeng-watersuiweringsaanleg het gedurende dieselfde tydperk die voorwaardes van sy watergebruikslisensies verontagsaam.
  4. Die Leeukuil-watersuiweringsaanleg in Vereeniging het nie aan sy lisensie voldoen nie en afvalwater onwettig vrygelaat.
  5. Beduidende besoedeling is weens nalatigheid veroorsaak vanaf April 2018 tot 2024 by die Leeukuil- en Roetspruit-aanlegte, sowel as pompstasies 16, 10, 8 en 5.

Die NVG het aangedui dat bykomende klagte nog bygevoeg kan word. Die saak is tot 4 Mei uitgestel.

Die VF Plus sê hy beskou die saak as ’n oorwinning vir gemeenskapsbelange en dat die munisipaliteit  tot verantwoording geroep moet word vir die gebrek aan instandhouding van kritieke infrastruktuur en die verontagsaming van die Vaalrivier se beskerming teen besoedeling.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button