Local newsNews

Franz veg teen die groot K met hoop

“Mense moet besef ek is nog ek. Die kanker definieer my nie.”

Franz Geldenhuys is bekend as sanger, orrelis, koorafrigter en onderwyser. Die een wat altyd gee en met geesdrif en passie sy werk doen. Baie Parysenaars sal hom onthou waar hy vroeër sy plek in die Oos-gemeente volgestaan het as orrelis.

‘n Paar weke gelede het Franz gehoor dat hy vlak 4 limfklierkanker het wat reeds deur sy liggaam versprei het.

Franz sê hy het September verlede jaar begin sleg voel en kon nie eet nie. Die dokters het eers gedink hy het ligte beroertes gehad, maar toe kry hy verskriklike pyn op sy niere. Die diagnose was nierstene.

Intussen het hy baie gewig verloor, steeds sleg gevoel en geen energie gehad nie. Dit was eers na ‘n kolonoskopie wat die ontstellende diagnose gemaak is.

Franz moet nou eenmaal per maand vir ‘n jaar lank gaan vir chemoterapie. Hy het reeds met behandeling begin. “Hulle noem die chemo wat ek kry, die Rooi Duiwel.

Verlede Maandag was hy egter terug by Hoërskool Vaalpark waar hy musiek aanbied en het hy ook weer met koorafrigting begin. Hy het selfs verlede Sondag weer orrel gespeel by die NG Driehoek-gemeente. “Dit was moeilik, maar ek het dit gedoen.”

Franz is baie dankbaar teenoor sy eggenoot, Edward, wat nou alles oorgeneem het van huis skoonmaak tot om Franz rond te ry. Edward het Chroniese Obstruktiewe Longsiekte en is permanent op suurstof, maar het gelukkig draagbare suurstof wat dit vir hom moontlik maak om Franz te help. Franz se kollegas by die skool het ingespring om te help met fondsinsamelings om ekstra kostes te dek. Alhoewel hy ‘n staatspasiënt is, is hy oral net op kontrak en as hy nie werk nie, is daar nie geld nie.

Franz Geldenhuys
Franz Geldenhuys

Hulle verkoop kolwyntjies by die skool teen R10 stuk en het ook ‘n Back-a-Buddy rekening oopgemaak. Franz sê hy was te trots om self geld te vra, maar is oorweldig deur die ondersteuning wat hy ontvang. “Ek kan net dankie sê.”

Hy glo hy gaan gesond word. “Jy weet K staan tussen J en L in die alfabet en JL staan vir Jesus Liefde. Hy gaan my hier deur dra.”
“Mense moet besef ek is nog ek. Die kanker definieer my nie.”

‘n Toekenning is onlangs aan Franz oorhandig vir sy lewenslange bydrae op kultuurgebied

Een ding is verseker: Franz voel hy het nog baie om te gee en om te doen en hy gaan hom nie laat onderkry deur die siekte nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button