News

Vermiste sekuriteitsbeamptes gevind

Polisie soek inligting

Die drie vermiste vroue sekuriteitsbeamptes wat tussen Dinsdagaand 16 Augustus en Woensdagoggend 17 Augustus spoorloos verdwyn het nadat hulle die aand aan diens was by ‘n stadion is Maokeng, is gisteraand om 21:30 gevind in die buitewyke van Maokeng.

Na ‘n uitgebreide soektog is die vroue in die bosse gekry met hul hande vasgebind met skoenveters. Hulle was heeltemal gedisoriënteerd en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die 44-jarige Julia Tladi, die 37-jarige Gldys Masabata Motoai, en die 39-jarige me. Maletsatsi Mofokeng is as vermis aangemeld by die Maokeng polisiestasie nadat hulle spoorloos verdwyn het tydens hul nagskof as sekuriteitswagte by die stadion. Hul selfone en persoonlike besittings was nog in die vertrek wat deur die wagte gebruik word.

Aflos sekuriteitspersoneel van die private sekuriteitsmaatskappy, Isidingo Security, het Woensdagoggend 17 Augustus, om 05:30 hul verdwyning gerapporteer toe hulle aangemeld het vir diens en daar geen teken van die vroue was nie.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help in hul ondersoek na die voorval word baie dringend gevra om  lt-kol Kobus Erasmus te skakel by 082 301 2972, het sers. Mahlomola Kareli, provinsiale woordvoerder van die polisie gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button