News

Aardklop 2022 se feesterrein op die Joolplaas

Oor minder as 'n maand gaan Aardklop se opwipfees vir Potchefstroom bereik met die feesterrein wat nou op die NWU Joolplaas vanaf 30 September - 2 Oktober gaan plaasvind.

Oor minder as ‘n maand gaan Aardklop se opwipfees, Potchefstroom bereik met die feesterrein wat nou op die NWU Joolplaas vanaf 30 September – 2 Oktober gaan plaasvind.

Aardklop skuif van Cachet Park op die Bult na ‘n nuwe terrein vir hierdie verkorte fees in Potch.

Al is Aardklop vir ‘n korter tyd in Potch sal daar nog steeds talle produksies wees om van die kies met van die land se top kunstenaars wat feesgangers sal vermaak.

Die ingangsfooi vir die feesterrein op die Joolplaas is R50 per persoon (o.12’s gratis). Dit gee die hele gesin toegang tot die bekende kuns- en kosmark, asook die jolige musiekverhoog en lekker kuierplek wat feesgangers oor die jare leer ken het. Die feesterrein sal kontantloos wees, wat beteken dat slegs kaartbetalings aanvaar sal word by die ingang.

Musiekkunstenaars sluit in Jakkie Louw, Riaan Grobler, Johan Anker, Candy Benson en nog meer.

 

Suid-Afrika se voorste akteurs en kunstenaars soos Nataniël, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm, Charl du Plessis en Rocco de Villiers kuier ook dié naweek saam. Verwag ook spesiale geleenthede soos Willem Botha se “Make-up Masterclass”, Roots se Smultoere en die immergewilde Langtafel (vanjaar die Senwes Langtafel).

Besoek Aardklop se webstuiste by www.aardklop.co.za vir meer oor die feesprogram.

Aardklop produksies in Potchefstroom

DIE SMITSTRAAT SUITE – NATANIËL

met Charl du Plessis, Ockie Vermeulen, Juan Oosthuizen, Werner Spies, Pieter Auret & Akustika Kamerkoor.

Venue: NG Kerk Miederpark Potchefstroom

In samewerking met AK21.

Datum & tyd: 1 Oktober 15:00

Tydsduur: 80 minute Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Kaartjies: R290, R250 (pensionarisse)

ROCCO DE VILLIERS, FLIEKMUSIEK

Met: Rocco de Villiers en Lizelle le Roux Venue: kykNET Konservatorium, NWU, Potchefstroom

Datum & Tyd: 30 September 12:00, 1 Oktober 14:00

Tydsduur: 90 minute

Genre: Kontemporêr Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Kaartjies: R200

TIM KLIPHUIS & CHARL DU PLESSIS: SWING

Eenmalige vertoning, eksklusief tot Potchefstroom in ons feesprogram.

Met: Charl du Plessis (klavier) en Tim Kliphuis (viool)

Venue: kykNET Konservatorium, NWU, Potchefstroom

Datum & Tyd: 2 Oktober 2022, 15:00

Tydsduur: 70 minute

Genre: Musiek

Aangebied deur: NWU Kunste Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za Kaartjies: R180

LAERSKOOL NOORD

Met: Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee

Venue: Beeld Ouditorium, Potchefstroom

Datum & Tyd: 30 Sept 10:00, 1 Okt 15:00 & 19:00, 2 Okt 10:00

Tydsduur: 75 minutes

Genre: Komedie

Moontlik gemaak deur: Momentum Beleggings Aardklop, Vrystaat Kunstefees & NATi Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Kaartjies: R 200

EK WENS, EK WENS

Met: Frank Opperman

Venue: Beeld Ouditorium, NWU, Potchefstroom Datum & Tyd: 1 Okt 10:00, 2 Okt 13:00 & 17:00

Tydsduur: 90 minute

Genre: Drama

Ondersteun deur: NATi, AK21 & Momentum Beleggings Aardklop Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Kaartjies: R 200

WILLEM BOTHA MAKE-UP MASTERCLASS

Venue: The Roots Big Hall, Potchefstroom

Datum & Tyd: 30 September 12:30

Kaartjies beskikbaar by: www.ticketpros.co.za

Kaartjies: R350

https://potchefstroomherald.co.za/113063/aardklop-2022-se-feesterrein-op-die-joolplaas/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button