News

Dogtertjie se pleidooi om hulp gehoor ná gesin alles verloor

‘n Graad 3-leerder van die Schonkenville Gekombineerde skool se pleidooi om hulp vir haar maatjie, Nontsikelelo Jacobs, wat hul huis en al hul besittings  in ‘n brand verloor het, het nie op dowe ore geval nie. Beauty Mvuleni Nhlapo was so geraak deur Nontsikelelo se nood nadat hul sinkhuis op 5 Augustus verwoes is in …

‘n Graad 3-leerder van die Schonkenville Gekombineerde skool se pleidooi om hulp vir haar maatjie, Nontsikelelo Jacobs, wat hul huis en al hul besittings  in ‘n brand verloor het, het nie op dowe ore geval nie.

Beauty Mvuleni Nhlapo was so geraak deur Nontsikelelo se nood nadat hul sinkhuis op 5 Augustus verwoes is in die brand, dat sy uit deperaatheid die Tumahole Modelling Agency and Mogoera R Invigorate Foundation gevra het vir hulp. Die organisasie het dadelik ‘n brief uitgestuur in die gemeenskap na instansies wat moontlik kon help, het Lerato Molefe, voorsitter van Mogoera R Invigorate Foundation en direkteur van die modelagentskap gesê.

Wat gevra is in die brief is boumateriaal sodat die Jacobs-gesin weer ‘n sinkhuis kan bou. Die brief is deur Beauty self, sowel as deur Lerato geteken. Beauty is ook een van die finaliste van die modelskool se landwye Mr & Miss Ore Incarnate SA 2022 kompetisie waar sterk klem gelê word op finaliste se betrokkenheid in hul gemeenskap om ‘n verskil te maak.

Die brief wat uitgestuur is, het ook by Mica Parys uitgekom wat dadelik deernis gehad het Beauty se pleidooi vir hulp vir die ongelooflike nood van die gesin wat sonder kos en blyplek al vir ‘n maand is, het Laura Sieberhagen van Mica gesê.

By die R20 000 se boumateriaal en selfs ‘n watertenk is deur Mica Parys met die hulp van verskaffers bymekaar gesit wat Dinsdag 6 September aan die gesin oorhandig is. Nou kan daar weer ‘n huis gebou word, en het die Mogoera R Invigorate Foundation ook gehelp met ‘n skenking vir kos en klere vir die gesin. Daar is ook nog hulp vir kos uit die gemeenskap belowe, het Lerato gesê.

Daar was trane van blydskap toe die skenking aan die gesin oorhandig is.

En die mooi gebaar is te danke aan ‘n dogtertjie wat net nie moed opgegee het in haar poging om te help nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button