Beide die verkeersligte by die kruising van Breë- en Van Collerstraat, asook by die kruising van Loop- en Father Balinkstraat, werk al vir ‘n geruime tyd nie, en was steeds buite werking met die skryf van hierdie berig.
Die Ngwathe munisipaliteit het op ‘n vraag hieroor by monde van die uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, gesê dat die tegniese span as ‘n saak van dringendheid, onderneem het om die beheerpanele van die verkeersligte by albei kruisings te herstel.
Sy het motoriste gevra om intussen daarop te let dat die kruisings tot tyd en wyl die verkeersligte weer werk, as ‘n vierrigting stop hanteer moet word.
Stoptekens is ook na die Gazette se navraag by die kruisings aangebring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.