Rotary en skoolleerders help met tekkies vir sentrum-inwoners
Dankie aan elkeen wat gehelp het om die projek moontlik te maak
Rotary Parys en die leerlingraad van Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom het hande gevat om inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys te kon help met tekkies.
Vir van hierdie inwoners beteken die mooi gebaar dat stukkende en deurgetrapte skoene, uiteindelik plek kon maak vir ‘n paar gemaklike tekkies.
Vyf en sestig pare tekkies is reeds oorhandig.
Onthou as jy skoene het wat té klein geraak het, of waarvoor jy dalk nie meer nut het nie, kan jy dit aan die sentrum skenk. Die sentrum is geleë in Boomstraat en word enige skenkings van klere en skoene vir die inwoners verwelkom.
Daar was groot blydskap oor die mooi gebaar van leerders om tekkies waarvoor daar nie meer nut was nie, aan die Epilepsie-sentrum in Parys te skenk, en inwoners is gehelp om seker te maak elkeen kry ‘n paar wat gemaklik pas.