News

Drie vas vir kaping

Die drie sal in die Sasolburgse landdroshof verskyn

Drie verdagtes is Saterdag 8 Oktober deur die polisie in Zamdela gearresteer nadat hulle inligting ontvang het van ‘n gekaapte wit Toyota Corolla Quest wat van Soshanguve na Zamdela beweeg het.

Die voertuig is in die Zamdela-woonbuurt gekry en het polisielede beslag gelê op  bankkaarte, ‘n beursie, twee versteekte vuurwapens toegedraai in plastiek  en ammunisie  wat in die voertuig gekry is, het  sers. Mahlomola Kareli gesê.

Die verdagtes wat tussen die ouderdom van 40, 46 en 61 is, sal in die Sasolburgse landdroshof verskyn op klagte van onder meer kaping, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, en onwettige besit van ammunisie, het sers. Kareli gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button