News

Skuiwery begin vir die bou van klaskamers

Daar is oor die naweek begin met die verskuiwing van van die mobiele klaskamers by die Schonkenville Intermediëre skool. Dit is gedoen om plek te maak vir ses nuwe klaskamers wat gebou gaan word waar hierdie mobiele klaskamers gestaan het. Die graad 1 tot 3-leerders is die week tydelik in die gemeenskapsaal onderrig tot die …

Daar is oor die naweek begin met die verskuiwing van van die mobiele klaskamers by die Schonkenville Intermediëre skool. Dit is gedoen om plek te maak vir ses nuwe klaskamers wat gebou gaan word waar hierdie mobiele klaskamers gestaan het.
Die graad 1 tot 3-leerders is die week tydelik in die gemeenskapsaal onderrig tot die verskuiwing van die mobiele klaskamers afgehandel is. Sterk wind het oor die naweek dié taak bemoeilik.
Volgens die skool se adjunkhoof, me. De Lange, sal die nuwe klaskamers wat nou gebou gaan word, gebruik word vir die intermediêre fase (graad 4 tot 7-leerders).

Die agt asbesklaskamers wat in onbruik is, maar steeds op die skoolterrein staan, sal op ‘n later stadium verwyder word om plek te maak vir nog nuwe klaskamers wat gebou gaan word.
Daar is lank reeds ‘n behoefte vir meer klaskamers by die skool wat met 1 022 leerders van graad R tot 12, letterlik uit sy nate bars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button