Die Divas-dansgroep van Aldantè Dansskool was ingesluit in die Noordwes-span wat van 30 September tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg deelgeneem het.
Die groep het in vier kategorieë deelgeneem, naamlik Lyrical (waarin hulle goud verwerf het), Musical en Freestyle (waarin hulle in albei silwer verwerf het) en Bhangra (waarin hulle brons verwerf het).
Die Noordwes Provinsie wen ook die Spangees-trofee, sowel as die trofee vir die provinsie wat die beste gevaar het.
Hul goue medalje maak hulle dan ook deel van Team SA 2023 wat in Julie 2023 aan die Wêreld Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste in Los Angeles, Californië gaan deelneem.
Die dansers se individuele prestasies was as volg: Diana Voigt (goud, 2 silwer en brons), Miané Bouwer (goud, 2 silwer, brons), Renesmé du Toit (goud, 3 silwer, brons), Carli de Jager (goud, 2 silwer, brons), Amoré Britz (5 silwer, 4 brons), Mari Potgieter (3 silwer, brons), Caylin Tolmay (2 goud, 4 silwer, brons), Mieke Small (goud, 4 silwer, brons), Leandri van Heerden (goud, 4 silwer, brons), Alaina Vorser (goud, 4 silwer, brons), Leandri Connoway (goud, 2 silwer, brons), Kimberley van Eeden (goud, 2 silwer, brons) en Denise Lubbe (13 goud, 11 silwer en 5 brons).


Dansinstrukteur Belinda van Tonder het ook uitsonderlik goed presteer met die Senior Grand Champion-toekenning vir 2021 wat na afloop van die SA Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste aan haar oorhandig is en wen sy ten volle betaalde kaartjie na die 2022 Wêreld Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste.
Daarbenewens ontvang sy ‘n beurs vir ‘n kursus by die Millennium Dance Complex in Los Angeles. Sy het by vanjaar se wêreldkampioenskappe 5 goue medaljes, ‘n goue medalje vir deelname aan die finaal, ‘n spesiale goue speld vir deelname aan die semi-finaal, 5 silwermedaljes en 7 algehele wêreldkampioenskap trofeë ontvang.




