Protesoptog aan die gang oor indiensneming van Suid-Afrikaanse burgers
Die optog het sover vanoggend vreedsaam verloop en hou die polisie 'n wakende oog.

‘n Protesoptog waarvoor die nodige toestemming vooraf gekry is, is tans (Donderdag 27 April), in Parys aan die gang as deel van Operation Dudula. Die groep eis dat besighede in die dorp wat aan uitlanders behoort, net Suid-Afrikaanse burgers in diens sal neem. Hulle het ook verteenwoordigers van Departement Arbied en Departement Binnelandse Sake gevra om teenwoordig te wees wanneer verskeie ondernemings, meestal hardeware winkels, in Tumahole, die nywerheidsgebied van Parys, en die dorp self, besoek sal word om met eienaars te praat.
Die groep het reeds vanoggend om 09:00 by die taxi-staanplek in Tumahole byeen gekom en sal weer om 17:00 verdaag. Die groep was om 11:15 by Tuba Hardware naby die taxi-staanplek in die dorp.
Lede van Openbare Orde Poliëring monitor die groep deurentyd terwyl daar na die onderskeie ondernemings beweeg word.