News

Drie van Parys hardloop vandag die Comrades

Ons hou duim vas vir hierdie Parysenaars

Drie Parysenaars sal vandag, Sondag 11 Junie onder die duisende Comrades-atlete
wees wat by die Pietermaritzburg stadsaal sal wegspring vir vanjaar se 96ste
Comrades-marathon. ‘n Uitmergelende 87,7km se afdraande tot by die eindpunt in Durban.

Vir Anina de Villiers en Tara Walmsley wat in die klere van Parys Multisport hardloop, is dit beide se tweede Comrades, terwyl Peter Muthubi in die klere van Nedbank, ook sy Comrades staal sal wys.

Peter Mathubi
Van links is Tara en Anina met Anemi heel regs. Anemi sal weens haar besering nie meer kan deelneem nie, maar is daar om haar oefenmaats te ondersteun wat vandag die Comrades hardloop.

Nog ‘n bekende gesig by vanjaar se Comrades is oud-Parysenaar Wida de Klerk wat die marathon vanjaar die vierde keer aanpak. Annemi Beukes wat sou hardloop, het verlede naweek ‘n avulsiefraktuur aan haar enkel opgedoen, en sal hoewel sy nie meer kan deelneem nie, daar wees om haar oefenmaats te ondersteun.

Anders as verlede jaar, is die Comrades datum weer vanjaar vroeër geskuif.

Anina vertel dat Comrades verlede jaar toevallig oor haar pad gekom het toe die Ysterman-kompetisie se datum geskuif is. ‘n Vriendin het toe opgemerk – “jy’s klaar fiks, jy kan net
so wel die Comrades doen.” Maar as die Comrades-gogga gebyt het, los hy nie, sê Anina oor haar besluit om weer vanjaar te hardloop. In 2022 het sy klaargemaak in ‘n tyd van 11 uur 10 minute sonder ‘n enkele blaas op haar voete, of blou toonnaels waarvan baie Comrades atlete kan getuig. Vanjaar is haar mikpunt om te verbeter op haar 2022 tyd.

Tara het haar eerste Comrades in 2022 saam met haar pa gehardloop om sy 60ste verjaardag te vier. Hoewel hy die Comrades al verskeie kere gehardloop het, was dit sy wens om met sy laaste Comrades, dit saam met Tara te doen. Vanjaar sal hy langs die
pad wees om haar te ondersteun. Pa en dogter het in 2022 die marathon in 9
uur 12 minute voltooi.

Vir Annemi sou dit haar derde Comrades gewees het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button