News

Vories hou voete warm

Mense se harte was oop vir die Vories se Omgee-projek, en sê die kommando dankie vir elke sokkie wat geskenk is.

Parys Voortrekker-kommando het dié winter kouse ingesamel vir kinders in nood om minstens seker te maak hul voete bly warm.

Enige kouse, enige grootte, oud of nuut, gestreep of bont, kon geskenk word om seker te maak dat elke leerder aan wie die skenkings oorhandig sou word, minstens twee pare kouse sou hê.

Mense se harte was oop vir die Vories se Omgee-projek, en sê die kommando dankie vir elke sokkie wat geskenk is.
Daar word steeds bedsokkies bymekaar gemaak vir die kinders in die Choc-huis in Bloemfontein, en kan jy wol skenk, of self die brei- of hekelnaalde nader trek om ‘n paar bedsokkies vir die kinders te maak,

Dit kan dan afgegee word tydens spandag vir die Voortrekkers van Parys-kommando Woensdae tussen 16:00 en 17:00 op die Parys Primêre skoolterrein, of andersins by die skoolkantoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button