Local newsNews
By dié mark is gekuier na hartelus
Hier was dit lekker - in die buitelug en by die rivier

Parysenaars en besoekers het vandag weer ‘n heerlike dag in die buitelug op die oewer van die Vaalrivier geniet by die Hartelusmark se Kersmark. Die mark het oor jare instelling in die dorp geword elke eerste Saterdag van die maand.
Vandag was daar groot opwinding met R10 000 se koopbewyse wat weggee is by Simplybiz-stalletjies. ‘n Lekker meevallertjie in die Feestyd. En Fees was daar beslis met kunstenaars wat gesorg het vir vermaak.
Vir baie is die mark ‘n ideale gesinsuitstappie met selfs hondekinders aan leibande wat welkom is.
En daar was selfs ‘n paar danspassies.
En die saksofoonspeler wat sy ‘steps’ moes ken.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.