
Diereliehebbers het verlede week die Kersversiersels uit die kas gehaal, en die tekkies aangetrek om uit te reik na die plaaslike DBV wat die publiek se ondersteuning baie nodig het om geldelik te kan oorleef.
Met geen staatsubsidie of ander inkomste nie, maak die DBV staat op die goedhartigheid van borge en die publiek om hul deure oop te hou.
Parysenaars is gevra om hul viervoete te bring vir die Santa Paws Stroll op die Parys Golf & Country Estate. Die toegangsfooi was ‘n donasie vir die DBV.
Heelwat voete en pote het saamgestap en gedeel in die pret.
















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



