Kersvader kuier in dié parkie
Dankie vir elkeen wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het

Sowat 120 kinders uit die Parys en Vredefort gemeenkappe is vanoggend bederf met ‘n Kerspartytjie in die Cilliersstraat-parkie. Daar was heerlike worsbroodjies en roomys en ure se pret in die parkie.


Maar die grootste verrassing was toe Kersvader sy opwagting gemaak het. Van die kinders het sommer baie vrae vir Kersvader gehad – sommige wou weet waar sy motor is, ander het gewonder oor waar sy takbokke is. Maar toe hy die bederfpakkies vir elke kind uit sy kerskous haal, het die ogies geblink, en was Kersvreugde duidelik te sien op elke gesiggie.

Die Kersbederf vir die kinders is moontlik gemaak danksy Top Hat Supper Theatre in samewerking met Vrystaat Versorging in Aksie, en borge wat hul harte oopgemaak het vir die kinders.



