Local newsNews

Blokraai – uitdagend maar lekker

Die Julie-blokraai verskyn op 23 Julie In Parys Gazette.

Alida Fouché is die Junie-wenner van die Bybel-blokraai wat deur AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word. 

Met die blokraai staan een gelukkige leser elke maand die kans om ‘n prag boekprys te wen. Alida  wen die boek – Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet, geskryf deur Riekert Botha en Albert Theron. 

Alida vertel dat sy lief is vir blokraaisels en het die blokraai as lekker, maar uitdagend beskryf. Deelnemers moes vrae uit ‘n gedeelte van Psalm 119 antwoord. 

Sy het nog nooit voorheen ‘n prys gewen nie, en was aangenaam verras met die maandelikse gratis blokraai in Parys Gazette. 

Alida Fouch130 ontvang die boekprys van prof. Marius Nel. Foto: Liezl Scheepers
Alida Fouch130 ontvang die boekprys van prof. Marius Nel. Foto: Liezl Scheepers

Die Julie-blokraai bevat vrae uit die Nuwe Testament oor Jesus se lewe, en verskyn 23 Julie in die Gazette. Maak seker jy voltooi jou blokraai voor die sluitingsdatum op 31 Julie. 

Om deel te neem is gratis en so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en dan te WhatsApp na 071 330 3882.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button